Hoekom moet ek ‘n gesigbehandeling kry?
Die voordele aan gesigsbehandelings is tweeledig. Dit is nie net tot voordeel van jou velgesondheid nie, maar is ook ontspannend. Na so ‘n gesigbehandeling sal jou vel sagter, gesonder en meer verfris voel. Hou egter in gedagte dat merkbare verbeteringe slegs deur gereelde gesigsbehandelings bewerkstellig word.
Kom ons wees eerlik, almal ondervind ‘n mindere of meerdere mate van spanning in ons daaglikse lewe, hetsy of dit by die werk, huis of in jou persoonlike lewe is. Almal is egter nie bewus daarvan dat spanning ‘n direkte negatiewe invloed op jou vel se gesondheid het nie.
Massering , wat deel is van ‘n deeglike velsorg roetine, sal jou fisies en emosioneel bevoordeel. Dit help jou om te ontspan en verminder ook die stres-hormoon, kortisol, in jou liggaam deur die vrystelling van die goedvoel-hormoon, oksitosien, te stimuleer.
Hoe gereeld moet ek gaan vir ‘n gesigsbehandeling?
Daar is baie faktore wat n rol kan speel bv. jou veltipe, die kondisie van u vel, begroting, ouderdom asook waar jy bly. Vir iemand wat n goeie toestand van die vel wil behou, is dit natuurlik beter om ten minste een keer per maand vir ‘n gesigbehandeling te gaan. ‘n Mens dink nie daaraan dat die vel ook ‘n lewende orgaan is en dat dit 30dae vir nuwe selle neem om ou selle te vervang nie.
‘n Professionele gesigbehandeling stimuleer die eksfolieering proses (dit help om die vel soepel en gesond te hou). Probeer om ten minste 4 keer ‘n jaar, wanneer die seisoen verander vir ‘n gesigbehandeling te gaan.
Het u enige van die volgende?:
-
‘n Olierige vel, aknee, verstopte porieë, swart koppies? - ‘n gesigbehandeling elke 2 weke is geskik (soos die vel verbeter kan jy die behandelings verder uitmekaar hê.
-
‘n Normale-, kombinasie- of droë vel? - een keer per maand sal voldoende wees
Onthou altyd dat te veel van iets is ook nie goed nie. Te veel gesigbehandelings in ‘n kort tydperk veroorsaak oorstimuleer wat die vel meer olierig kan maak of dit verder uitdroog.
Die stappe van ‘n goeie gesigbehandeling
‘n Professionele gesigbehandeling sluit die volgende stappe in:
-
skoonmaak/reiniging van die vel
-
vel analise
-
professionele eksfolieering (met of sonder stoom)
-
ekstraksies van swartkoppies, verstopte porieë en puisies indien nodig
-
massering, masker, die aanwending van serums, rome en sonblok
-
soms kan dit ook ‘n hand, nek en skouer massering insluit, soos by Boulders Spa
Die gesigbehandeling kan tot ‘n uur neem. Onthou altyd om die terapeut in kennis te stel van enige alergieë. As daar enige branderigheid of irritasie op die vel gevoel word gedurende die behandeling, sê dit dadelik vir jou terapeut sodat sy onmiddelik die produk van jou vel kan verwyder, sodat dit jou geen skade aandoen nie.
Laaste maar nie die minste nie…
‘n Gesigsbehandeling is nie net ‘n luuksheid nie, is nie net ‘n koste nie, dit is deel van ‘n gebalanseerde velsorg roetine…met ‘n welverdiende pamperlangsessie ingesluit. Bespreek dus nou, jy verdien dit.